18 658 114 livres à l’intérieur 174 langues
2 977 339 livres numériques à l’intérieur 111 langues
Cela ne vous convient pas ? Aucun souci à se faire ! Vous pouvez retourner les articles jusqu'à 30 jours
Impossible de faire fausse route avec un bon d’achat. Le destinataire du cadeau peut choisir ce qu'il veut parmi notre sélection.
Jusqu'à 30 jours pour les retours
ʼn Besondere verdienste van hierdie werk is die omstandige besonderhede wat in die bondige lewensbeskrywings van ʼn aantal persoonlikhede, wat elk ʼn sleutelrol in die historiese gebeure van hulle tyd gespeel het, voorkom. Omdat die bedoeling klaarblyklik nie is om ʼn volledige lys van ons volkshelde te voorsien nie, kom beskrywings van sommige bekende leiers wat lesers moontlik in so ʼn werk sou verwag, nie voor nie, terwyl enkele minder bekendes daarin opgeneem is. Vir die jonger, en selfs middeljarige geslag, is bykans almal waarskynlik onbekend, en watter skandvlek is dit nie op ons dat ons ons geskiedenis so verwaarloos en diegene wat hul lewens in diens van ons volk gegee het, vergeet nie! Die maatstaf vir in- en uitsluiting van die onderhawige persoonlikhede is nietemin geheel en al die outeur se keuse.
Deur sy navorsing bied die outeur aan ons inligting uit bronne waarvan die hedendaagse gewone leser totaal onbewus is of wat hy moeilik toeganklik sal vind. Sodoende word die teenswoordige geslag opnuut toegerus met die kennis van ons verlede en die rots waaruit ons gekap is.
Mag hierdie werk ʼn bydra lewer tot die vind van al die goeie en skone wat in ons verlede ontdek kan word, sodat ons daarna ons ideaal sal vorm en probeer om daardie ideaal vir die toekoms te verwesenlik, soos wyle pres. Kruger ons gemaan het. "Dan sal ons nasionaliteit en ons taal bly en bloei."
Andries Breytenbach
Die HNP Hoofleier
Bonjour ! Je suis Libroamiko, votre conseiller littéraire.
Comment puis-je vous aider ?