Doesn't suit? No problem! You can return items for up to 30 days
You won't go wrong with a gift voucher. The gift recipient can choose anything from our offer.
Berlyn, 1936. Hardebaard speurder Bernhard - "e;Bernie"e; - Gunther word deur 'n miljoener-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind. Gewoonlik is Gunther op die spoor van vermiste persone, maar in die onstuimige politieke klimaat betree hy 'n donker onderwereld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot 'n skandaal wat hoekoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek ...Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot 'n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland - 'n milieu wat Kerr met vernuf skets.Die Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Gunther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.
Hi! I'm Libroamiko, your book advisor.
How can I help you?